|
Ek is vanaand weer Eversdal toe, nadat ek 'n groot gedeelte van die naweek ook daar deurgebring het.
Vanaand was die wind heelwat stiller as die naweek.
Daar het vanaand weer 'n valk in een van die Bloekombome kom sit, maar die voël het vir my groter gelyk as 'n kransvalk en dit het my laat dink... Die voorkant was swaer gestreep en baie rooibruin. Ek en David Hall was twee aande terug ook daar en het 'n onvolwasse Swartsperwer saam met 'n volwasse Swartsperwer daar gesien en die voël op my foto hieronder se bene lyk ook taamlik lank. Ek het 'n hele klompie van die plaaslike voëlkyker gemeenskap sowel as 'n paar bekendes ook daar raakgeloop deur doe loop van die week.
| |
|