| 11-22 Februarie 2009 | ||||
| Duitsland - Badkissingen | ||||
|
|
||||
|
Ek is Duitsland toe vir werksverpligtinge en soos oudergewoonte het ek my verkyker en kamara saamgevat, net ingeval ek iets met vlerke sou sien. Ek het nie baie hoop gehad dat ek baie sou sien nie omdat dit op die oomblik so koud in Duitsland was. Ons het Dinsdag die 9de Februarie gevlieg van Kaapstad toe na Frankfurt toe en is vandaaraf per kar sowat 200km na Fuchstadt, waar ons die meeste van ons werk moes doen. Ongelukkig het ek die keer net die geleentheid gehad om in die direkte omgewing van my werk en hotel rond te kyk vir voëls en ook net wanneer ons rond gery het tussen ons hotel en werksplek. Ek was baie verbaas gewees oor die hoeveelheid voëls wat ek in die koue en sneeu gevind het, met 'n gemiddeld van omtrent twee spesies vir elke dag wat ons daar was. Ongelukkig was dit werk eerste en was daar nie tyd om gidse te kry vir voëls kyk nie. Ek het 'n totaal van 31 lifers gekry, waarvan daar net een Spesie was wat ek nie 'n foto van kon kry nie, naamlik 'n "Treecreeper". Ek het gelukkig 'n boekie oor voëls in die UK gekry voor ons gevlieg het wat my baie gehelp het. Al die name is daarom in engels en ek hoop maar dat ek alles reg ge-identifiseer het. Die temperatuur het gewissel van -6grade tot +3grade. Dit was net een dag hoër as vriespunt en dit was op die laaste dag voor ons vertrek het. Dit was 'n lekker trip en hopelik as ek weer die geleentheid sou kry om Duitsland toe te gaan sal dit in die Somer wees. | ||||
|
|
|
|
| Eurasian Blackbird - male | Eurasian Blackbird female | Fieldfare |
|
|
|
|
| Carolina Wood Duck | Mallard on frozen dam | Grey Partridge |
|
|
|
|
| Eurasian Collared Dove | Rock Pigeon | Wood Pigeon |
|
|
|
|
| Great Tit | Blue Tit | Marsh Tit |
|
|
|
|
| Great spotted Woodpecker | European Goldfinch | Green Woodpecker |
|
|
|
|
| European Greenfinch | Hawfinch | Chaffinch |
|
|
|
|
| Eurasian Tree Sparrow male | House Sparrow male | House Sparrow female |
|
|
|
|
| Jackdaw | Carrion Crow | Common Magpie |
|
|
|
|
| Great Cormorant | Common Moorhen | Grey Heron |
|
|
|
|
| White fronted Goose | Mute Swan male and female | Mute Swan juvenile |
|
|
|
|
| Robin | Winter Wren | Yellowhammer |
|
|
|
|
| Eurasian Kestrel | Common Buzzard | Common-Buzzard(partially leucistic) |
|
|
|
|
| Red Squirrel | European Hare | European Hare |
|
|
||||
| Satellite dish that the Jackdaw use to roost in. At night about 50 Jackdaws roost in the centre part of the dish. | ||||
|
| ||||