| 8 Maart 2009 | ||||
| Strandfontein | ||||
|
|
||||
|
Ek was vandag weer Strandfontein toe, met die hoop om dalk vandag die Geelkwikkie te kry, maar ek kon weereens nie die voëltjie opspoor nie. Daar was heelwat sterretjies asook nege Kopereende op Pan2. Ek het ook heelwat Europese swaels gesien. Ek het ook heelwat fotos geneem van 'n onvolwasse Veereier, wat vir my net so bietjie anderste as normaalweg voorgekom het, maar dit kon niks anderste wees as 'n onvolwasse Veereier nie. Ek het ook 'n enkele Witrugeend gesien asook 'n enkele paar Bloubekeende. Daar was ook 'n hok op pan 3, wat seker maar opgerig is in 'n poging om die beseerde Kolgans, wat onlangs aangemeld is, te vang. Ek het darem weer 'n Kaapse Grysbok gesien op die duine agter Pan1. Ek kon ook vandag mooi hoor hoe die Reuse sterretjies klink, wat vir my die hoogtepunt van my dag was. Altyd lekker as daar iets nuuts was, al is dit net 'n nuwe klank :-) | ||||
|
|
|
|
| Kolgans | Grootwaterhoender - onvolwasse | Gryskopmeeu - onvolwasse |
|
|
|
|
| Gransibis | Groot Swartrugmeeu - onvolwasse | Skoorsteenvieër |
|
|
|
|
| Swartrugmeeu | Grootflamink | Gewone Tarentaal |
|
|
|
|
| Geelbeksterretjie | Gewone Sterretjie | Grootsterretjie |
|
|
|
|
| Geelbekeend | Bloubekeend | Witpelikaan - onvolwasse |
|
|
|
|
| Bleshoender | Witrugeend | Kleindobbertjie - kuiken |
|
|
|
|
| Kaapse Slopeend - wyfie | Bruineend - wyfie | Kleindobbertjie |
|
|
|
|
| Grootkoningriethaan | Rooipootelsie | Grootwaterhoender |
|
|
|
|
| Hadeda | Bontkiewiet | Veereier - onvolwasse |
|
|
|
|
| Wilde Makou - onvolwasse | Gewone Kwikkie | Bloureier |
|
|
|
|
| Kopereend - wyfie en Mannetjie | Europese Swael | Reuse Sterretjie |
|
|
|
|
| Witborskraaie | Rooibekeend | Gewone Koester |