|
Ek het vanmiddag so 4uur se kant weer 'n draai gaan ry op die een van my gusteling grondpaaie in die Durbanville omgewing.
Ek was vir 'n kort rukkie uit, maar het 'n Blouvalk en 'n Kransvalk gekry wat albei besig was om hulle prooi te vreet asook 'n eienaandige Huismossie mannetjie met 'n baie ligte snawel. Daar was soos oudergewoonte baie Rooikop Lewerikke. Ek het ook 'n paar Oranjeborskalkoentjies gesien, wat ook baie algemeen is langs die pad. Daar was ook hier en daar 'n Hoëveldse Skaapwagter, maar hulle was almal vandag op 'n afstand. Ek was 6uur weer terug by die huis.
| |
|