| 5 Julie 2009 | ||||
| Weskus-Nationale Park | ||||
|
|
||||
|
Ek is vandag weer Weskus toe, maar het weer hopeloos te laat na my sin by die huis weggekom. Ek was weer nie betyds vir die gety by Geelbek nie en na 'n vinnige paar fotos van 'n paar Bontelsies voor die Geelbek hide en in die omgewing van Geelbek is ek Seeberg toe om te kyk wat daar te sien was met die hooggety. Daar aangekom het ek 'n hele klompie Flaminke voor die Seeberg hide gesien. Ek het ook vir Binks MacKenzie in die Geelbek hide ontmoet, wat die Klein Flaminke klaar getel het en by 'n totaal van 200 uitgekom het. Die enigste soogdier wat ek vandag gesien het was 'n Gestreepte muis. Daar was heelwat skilpaaie aktief op die lekker warm Wintersdag. My persoonlike hoogtepunt van die dag was om te sien hoe 'n Kransvalk 'n Blouvalk aangeval het. Die Kransvalk het die Blouvalk gemaklik met 'n spoed van after af ingehaal. Die Kransvalk se spoed het my verstom. Dit was ook weer lekker om te sien hoe 'n klompie Witborskraaie op hulle moses gekry het toe twee blouvalke hulle geduikbom het. | ||||
|
|
|
|
| Slangverklikker | Swartkopreier | Geelborsstrandkiewiet |
|
|
|
|
| Witkeelkanarie | Teeleend | Kransvalk |
|
|
|
|
| Witkruismuisvoël | Witkruisvleivalk | Bokmakierie |
|
|
|
|
| Kleinrooibandsuikerbekkie | Rooipootelsie | Blouvalk |
|
|
|
|
| Geelkanarie | Grootswartrugmeeu | Bontelsie |
|
|
|
|
| Kleinwitreier | Witborsstrandkiewiet | Kopereend wyfie |
|
|
|
|
| Swarttobie | Afrikaanse Vleivalk | Witborsduiker |
|
|
|
|
| Driebandstrandkiewiet | Grootswartrugmeeu semivolwasse | Grysrugtinktinkie |
|
|
|
|
| Grootflamink | Kleinflamink | Gestreepte Veldmuis |