| 11 Julie 2009 | ||||
| Paarl | ||||
|
|
||||
|
Vanmiddag so by 1uur se kant het die son agter die wolke uitgekom na ligte reën vanoggend en ek het die geleentheid gebruik om Paarl toe te ry. Daar aangekom het dit weer toegetrek, maar gelukkig nie begin reën nie.Ek het niks nuuts gesien nie, maar daar was was darrem redelik baie om te sien. Die interessantste was die Gevlekte eende wat ek by twee plekke gekry het. Daar was ten minste 3 van hulle vandag. Daar was ook heelwat Gryskopmeeue vandag. Ek het ook weer die Swarteende gesien.Ek was bly om te sien dat daar weer twee wagte was met 'n hond wat naby die birdhide gesit het. Ek is so 4uur se kant weer huistoe toe dit weer begin toetrek en die lug weer begin donker raak. | ||||
|
|
|
|
| Kuifkopduiker | Lepelaar | Donker Vlieëvanger |
|
|
|
|
| Grootwaterhoender | Veereier | Grootkoningriethaan |
|
|
|
|
| Kolgans | Skoorsteenvieër | Swarteend |
|
|
|
|
| Gryskopmeeu | Witborsduiker | Kaapse Rietsanger |
|
|
|
|
| Kaapse Slopeend wyfie | Kleindobbertjie | Kaapse Slopeend mannetjie |
|
|
|
|
| Bontelsie | Rooipootelsie | Gryskopmeeu |
|
|
|
|
| Teeleend | Rooibekeend | Gevlekte eend |
|
|
|
|
| Geelbekeend | Bruineend wyfie | Bruineend mannetjie |
|
|
|
|
| ?Gryskopmeeu onvolwasse? | Afrikaanse Oewerswael | Klein grysmuishond |