|
Ek, Ursula, Melissa en Makayla is vanoggend laat deur Weskus toe om die dag net rustig deur te bring
en te kyk of ons die reënweer, wat hier in Durbanville was, vry kon spring.
Ons het eers 'n vroeë middagete by Langebaan gaan eet en is toe Weskus Nationale Park toe om te gaan
blomme kyk.
Die sonnetjie was darem uit teen die tyd dat ons klaar geëet het. Die blomme was darem oop naby Seeberg en ons het daar 'n tydjie in die veld spandeer.
Ons is hierna vlugtig by die Seeberg skuiling aan om te kyk of die Mongoolse Strandkiewiet nog daar was.
Die gety was baie hoër as wat ek gedink het dit sou wees en daar was geen teken van die
Mongoolse Strandkiewiet nie. Ons is toe Postberg toe, maar dit was alreeds 4uur toe ons daar aankom.
Dit was ook redelik bewolk en die blomme het reeds begin toemaak. Dit was darem alles die moeitewerd
toe ons 'n groepie Bakoorvosse gesien het, wat vir ons almal 'n eerste was om te sien, asook 'n groot groep Elande, Blouwildebeeste,
asook die Bergkwaggas wat ons lekker vermaak het met hulle mannewales.
Ons is hierna terug huistoe.
Ek hoop dat ons teen die einde van die maand, wanneer ek terug is van Ghana,
weer 'n kansie sal hê om Postberg te kan besoek, voordat die hekke weer
sluit aan die einde van die Blommekyk seisoen. Dit was nie 'n voëlkykdag vandag gewees nie, maar ek kon nie help om baie Geelbekwoue vandag te sien nie. Dit was
heerlik om net so saam met die familie die diere te kon sit en dophou.
| |
|