|
Ek is vanoggend weer Weskus Nationale Park toe, met die hoop om 'n Rooibandstrandkiewiet as 'n lifer by te kry.
Ek moes eers die kinders aflaai vir hulle laaste skooldag vir die kwartaal en het die Weskus Nationale Park so 8:30 se kant binne gegaan.
My eerste stop was by die Geelbekskuiling, waar die water nog taamlik hoog was, soos wat ek verwag het, maar vanoggend het ek geduldig gewag, want ek wou nie laat by die hide aankom nie.
Soos wat die water gesak het, het daar heelwat watervoëls kom sit. Daar was heelwat Groenpootruiters, so paar Moerasruiters en Kleinwulp.
Die Krombekstrandlopers het op 'n afstand gebly.
Daar was twee Bandstergriette ook op 'n afstand, sowel as 'n enklele Grootwulp en 'n paar Kemphane, maar ek kon geen
skaars voëls sien nie.
Ek is hierna na Geelbek se binnelandse skuiling om te kyk of ek die Rooibandstandkiewiette kon kry,
wat onlangs hier opgemerk is.
Dis die heel eerste keer dat ek die skuiling besoek.
Ek was bly om sommer 'n hele klomp van die Rooibandstrandkiewiete daar te sien, wat 'n lifer vir my was.
Daar was bykans geen water in die pan nie.
Ek is toe terug Seeberg toe, waar ek gelukkig genoeg was om weer die Mongoolse strandkiewiet te sien.
Ek is hierna Abrahamskraal toe, waar ek Pêrlborsswaels, Gebande Oewerswaels, Europese Byevreters en Witkruisvleivalke gesien het.
Dit was goed om weer die Mongoolse Strandkiewiet te sien, maar my hoogtepunt vir die dag was die Rooibandstrandkiewiete,
omdat dit 'n lifer was.
Ander hoogtepunte vir die dag sluit in die groot groep Europese Byevreters, 'n paar Pêrlborsswaels, 'n paar Gebande Oewerswaels
en ook die Witkruisvleivalk wat so 'n entjie weg van my by die Abrahmskraalskuiling kom rus het.
Dis ook altyd lekker om met 'n nuwe lifer terug te gaan huistoe :-)
| |
|