|
Ek en Melissa het vanoggend weer Weskus toe gery, hoofsaaklik sodat ek vir haar die Rooibandstrandkiewiete kon gaan wys.
Dit was gelukkig nie te moeilik om te besluit watter tyd ons by Geelbek moes wees nie, maar ons het in elkgeval so bietjie vroeër gery om seker te maak dat ons nie laat by die hide aankom nie.
Ongelukkig was dit vandag 'n skoolvakansie dag en het daar deur die loop van die oggend raserige kinders of net mense by die hide ingeloop om te kyk wat daar aangaan en van die klappe oop gemaak,
wat die "waders wat naby die hide was opgejaag.
Daar was gelukkig niks skaars nie en ek het van die tyd gebruik gemaak om vir Melissa van die algemene voëls te leer.
Daar was darem weer 'n Grootwulp vandag asook 'n paar Grysstrandkiewiete, baie meer Krombekstrandlopers as so twee dae terug, maar geen Bandstertgriete nie.
Ek het van die tyd gebruik gemaak om Melissa die meer algemene "waders" se name te leer en om deur die "waders" te gaan, toe al die lawaaierige besoekers eers uit die hide was.
Ek het hierna vir Melissa die Rooibandstrandkiewiete gaan wys naby Geelbek en ons is toe van daar af Seeberg hide toe, waar ons tot ons skok, 'n hond die voëls voor die hide sien rondjaag!
Die hond was a Labrador met 'n halsband, wat natuurlik aan een van die inwoners of vakansiegangers behoort, wat laer af met die lagoon af woon.
Die eienaar van die hond moet eintlik opgespoor word en 'n boete opgelê word.
Dit was veral kommerwekkend met die vere wat op die strand gelê het, nadat ons terug van middagete weer daar aangegaan het.
Ek kan nie verseker sê of die vere daar gelê het toe ons die hond daar gesien rondhardloop het nie.
Ons het die res van die laatmiddag daar deurgebring, maar kon nie die Mongoolse Strandkiewiet opspoor nie.
Ons het darem 'n Swartvlekkorhaan gesien, asook Geelbekwoue wat aktief besig was om kos te soek.
Melissa se hoogtepunt was haar lifer vir die dag toe sy die Rooibandstrandkiewiete gesien het.
Vir my was dit maar net om die dag lekker saam met my oudste dogter te kon deurbring sonder enige reën. | |
|