|
Ek het vanaand, na werk gou Bellville se kant toe gery, waar John Fincham onlangs Afrikaanse Kwartels asook
'n kwartelnes opgemerk het.
Ek het sommer al uit my motor'n Bruinjakkalsvoël gesien wat op die gesnyde veld gesit
het en die veld dophou vir enige iets wat beweeg. So paar Gewone Koesters het bekommerd om die Bruinjakkalsvoël
gedraai om sy aandag af te trek van hul kuikens daar naby. Ek het toe so bietjie daar rondgestap en eers die Gewone Dikkop gaan afneem wat nog steed
op die nes sit het wat John hulle so mooi gemerk het om die nes te beskerm teen die trekker en snyer wat Saterdag, Sondag en Maandag die veldjie se gras gesny het.
Ek was die naweek ook daar en het geweet waar die Kwartel se nes was, maar nadat ek die Kwartel Saterdag en Sondag opgejaag het sonder om 'n foto te kry het ek die keer die nes baie stadig benader.
Ek het toe vir John Fincham daar ontmoet, wat toe vir my die Kwartelnes gewys het met die klomp leë doppies in. Dit was
'n groot terleurstelling om al die kuikens uit die nes te sien na net 24uur. Ek het toe nog so bietjie
met John gesêls en is daarna terug huis toe.
| |
|