| 3 Januarie 2010 | ||||
| Durbanville-Klipheuwel en Melkbosstrand | ||||
|
|
||||
|
Ek is vanoggend Melkbosstrand toe om die Staalblouvinkie te gaan soek wat onlangs daar opgemerk is. Dit was baie aangenaam om vir Jeanne and Clive Bull te ontmoet en danksy hulle gasvryheid kon ek die foto van die Staalblouvinkie kry wat ek gesoek het toe hy sy verskyning maak. Dit was bewolk en ek was baie bly met die foto, ten spyte van die swak lig. Ek het hierna Durbanville en omgewing besoek. Daar was heelwat Witooievare vandag en ek het selfs vannaand vier van hulle van my woning af gesien. Ek was bly om weer 'n Dwergarend te sien, maar die groot verrassing vir die dag was toe daar 'n groot swerm Glans Ibisse oor my kop vlieg naby Klipheuwel. Dit is die grootste hoeveelheid Glans Ibisse wat ek al by mekaar gesien het en ek was bly om 'n foto te kon kry van die voëls toe hulle daar naby op 'n plaas gaan rus het. Ek is hierna huistoe na my baie suksesvolle eerste uitstappie vir 2010. | ||||
|
|
|
|
| Witkruiswindswael | Europese swael | Witkeelswael |
|
|
|
|
| Grootstreepswael | Koningrooibekkie mannetjie | Koningrooibekkie wyfie |
|
|
|
|
| Gewone Bontrokkie mannetjie | Hoëveldse Skaapwagter | Kaapse Flap |
|
|
|
|
| Kransvalk | Bruinjakkalsvoël - semi-volwasse | Geelbekwou |
|
|
|
|
| Witkruisvleivalk | Dwerg Arend | Dwerg Arend |
|
|
|
|
| Skoorsteenvieër | Glansibis | Witooievaar |
|
|
|
|
| Kaapse Kanarie | Kroonkiewiet | Staalblouvinkie |