3 Februarie 2010    
Intaka Eiland  
   
 

Ek het vanmiddag net na werk 'n draai gaan maak my Intaka Eiland by Centuary City. Dit was 'n rukkie sedert ek laas daar was. Ek het sommer met die spreekwoordelike "intrapslag" 'n jong Rooireier gewaar. Ek is reguit na die hides toe, waar ek vir so 'n uur en 'n half gebly het. Ek het geen Snippe gesien nie, maar die Nagreier en die Visvangers wat ek van naby af kon sien en afneem het darem daarvoor opgemaak. Ek het my beste foto gekry van 'n Nagreier en ek het ook 'n Bosruiter gesien wat vir my die naaste aan die huis is wat ek dit al gesien het. Ek het myself geniet met die kamara en hoop dat ek volgende keer met 'n foto of dalk twee van 'n Snip huistoe sal kan gaan.

   

     
Rooireier onvolwasse Kleinwitreier - broeidrag Bloureier - onvolwasse
     
Nagreier Bontvisvanger Kuifkopvisvanger
     
Skoorsteenvieër Witborsduikers Kleinwitreier
     
Bosruiter Slopeend wyfie Kleindobbertjie