|
Ek het vanaand weer na werk, maar so bietjie later as gisteraand 'n draai by Intaka Eiland gaan maak.
Ek is direk na die hides toe soos gisteraand en ek het skaars my verkyker opgetel of ek sien die swart rue van 'n paar groot swart voëls. Ek het nie op my laat wag nie en hardloop toe onmiddelik om na die ander hide om van bo af 'n beter uitsig te kry. Dit was 'n fantastiese gesig om nie minder as vier Oopbekooievare te sien. Na 'n hele klompie fotos het die vier agter riete ingeloop en ek het weer ondertoe gegaan om te kyk of daar nog iets spesiaal was, maar daar was niks nie. Oppad terug motor toe het ek weer die Rooireier van gisteraand gesien en weer so paar fotos gekry.Die Oopbekooievare was vir my natuurlik die hoogtepunt vir die dag. Net 'n jammerte dat ek nie enige Snippe kon sien nie.
| |
|