|
Die oggend se atletiek was goed en ek het sommer na die oggend se atletiek deurgery Intaka Island na my oggend in Strandfontein.
Daar aangekom het ek onmiddelik weer die Oopbekooievaar gesien. By die skuilings aangekom kry ek toe een van die gidse daar wat
baie onervare was en vir 'n Kuifkopvisvanger soek. Ek het hom so bietjie deur my verkyker laat kyk en hom toe die Bosruiter gewys
wat in 'n oopte verskyn het en terwyl ons nog so staan en kyk na die Bosruiter, kom 'n Goudsnip wyfie op die toneel en jaag die Bosruiter weg.
My adrenalien het begin pomp en ek moes net bont staan om 'n paar fotos in te ryg voor die voëltjie weer tussen die riete verdwyn.
30 Sekondes later was alles oor toe die Goudsnip weer net so vinnig weer verdwyn as wat sy haar opwagting gemaak het. Ek was heel tevrede en dit het
darem die klompie besoeke die moeitewerd gemaak. Dit was my tweede lifer vir die dag! Dit is nie al dag dat 'n mens beide Afrikaanse - en Goue - Snip op een dag raakloop nie en ek is hierna terug huistoe met die spreekwoordelike huppel in my stap om 'n lekker braaivleisvuurtjie by die huis te gaan aansteek.
| |
|