6 Februarie 2010    
Strandfontein  
   
 

Ek het vanoggend redelik vroeg deurgery Strandfontein toe om te kyk of ek die Kuifkopsterretjie kon opspoor. Daar was reeds 'n klompie twitchers wat gestaan en kyk het toe ek daar aankom. My tyd was baie beperk omdat ek 'n sport byeenkoms moes bywoon en na 'n rukkie se kyk het ek besluit om om die panne naby Pan2 rond te soek vir enige iets wat interresants was. Na so bietjie se rondkrap ontdek ek wel 'n lifer vir die dag in die vorm van Witvlerk Sterrejies. Ek het ook drie Afrikaanse Snippe gesien sowel as twee Bosruiters. Ek moes hierna vinnig terugry Parow toe vir 'n sport byeenkoms. Dit was 'n baie goeie begin vir my vir die dag en ek kon nie wag om te kyk of ek die Goue Snip by Intaka Island later die middag ook kon vind nie.

   

     
Afrikaanse Snip Afrikaanse Snip Afrikaanse Snip
     
Geelborsstrandkiewiet Rooibekeend Kemphaan
     
Kopereende Withalskraai Reuse Sterretjie
     
Bosruiter Witvlerksterretjies Gewone Koester