12 Februarie 2010    
Strandfontein  
   
 

Ek het vanoggend taamlik laat besluit om 'n draai by Strandfontein te gaan maak om van die panne te gaan besoek wat ek nie die laaste paar besoeke verken het nie. Ek het maar soos gewoonlik baie tyd by pan 2 spandeer en dit was veral die Rooipootelsies en Bont Elsies wat my vandag gefasineer het. Ek het 'n Rooipootelsie gesien met 'n swart nek en 'n Bontelsie wat gelyk het asof dit besig was om op sy rug in die water te veg vir sy lewe. My hoogtepunt egter vir die dag was om 'n paar beter fotos in te ryg van 'n Klein Grysmuishond. Daar was ook 'n Namakwaduifie wyfie wat gelukkig my toegelaat het om 'n foto in te kry asook twee of drie Withalskraaie wat ek ook met my laaste besoek daar gesien het. Dit wil vir my voorkom asof hulle nog nie 100% volgroei is nie. Daar was ook 'n klompie Afrikaanse Oewerswaels, met twee van hulle wat my opgewonde gehad het. Hulle was van die donker vorm en ek was nie mooi seker waarna ek gekyk het nie, totdat ek later by die huis my handboeke geraadpleeg het en gesien het dat daar wel 'n donker vorm Afrikaanse Oewerswael bestaan. Daar was nou wel nie 'n lifer vir die dag nie, maar wel heelwat goed wat die dag vir my interresant gemaak het.

   

     
Rooipootelsie met swart nek Rooipootelsie - onvolwasse Rooipootelsie met swart nek
     
Bontelsie Bontelsie wat sukkel om kop bo water te hou Bontelsie
     
Namakwaduifie - wyfie Vleitinktinkie Kaapse Wewer
     
Afrikaanse Vleivalk Rooibekeend Hadeda
     
Bloureier Witpelikaan Dubbelbandstrandkiewiet
     
     
Kleinrietsanger Kleinrietsanger Kleinrietsanger
     
Kleinrietsanger Kleinrietsanger Kleinrietsanger
     
Kleinrietsanger Kleinrietsanger Kleinrietsanger
     
Kaapse Rietsanger Kaapse Rietsanger Kaapse Rietsanger
     
Afrikaanse Oewerswael Afrikaanse Oewerswael - donker vorm Europese Swael
     
Glansibis Withalskraai Bontelsie
     
Kleingrysmuishond Kleingrysmuishond Kleingrysmuishond