14 Februarie 2010    
Durbanville en omgewing  
   
 

Ek het vir Ursula en die kinders vir 'n vroeë Valentynsoggendete in die platteland geneem, omdat ons nie lus was vir die besige restaurante in die winkelsentrums nie. Oppad het ons twee Hamerkoppe gesien in die Vissershok area, maar omdat dit Valentynsdag was het ek net vir die kinders so in die ry gevra of hulle dit gesien het en omdat almal die twee voëls mooi duidelik gesien het en omdat ons al vantevore hulle in die Durbanville omgewing gesien het, het ek besluit om die "regte ding" te doen en nie te stop nie :-). Na 'n baie lekker oggendete het ons oppad huistoe weer daar verby gery en die twee Hamerkoppe was nog steeds daar en het ons gestop en het ek 'n foto geneem. Ek het toe later in die hitte van die laat oggend weer 'n vinnige draai gaan ry. Daar was weer 'n klompie Witooievare in die lug en 'n Edelvalk wat die Geelbekwoue uit sy gebied probeer jaag het. Daar was 'n groot swerm Witpenswindswaels naby Durbanville. Die oggend was verskriklik warm en ek is terug huistoe om te gaan afkoel.

   

     
Hamerkop Rooiborsjakkalsvoël - onvolwasse Bruinjakkalsvoël
     
Gewone Koester Dikbeklewerik Kroonkiewiet
     
WitPelikaan - onvolwasse Witpenswindswael Edelvalk
     
Fiskaal Vliëvanger - wyfie Skoorsteenvieër Witooievaar