6 Maart 2010    
Laaiplek - Veldrif  
   
 

Ek en David Hall is vanmiddag saam deur Velddrift toe om te kyk of ons die Elegante Sterretjie kon opspoor wat Vernon Head vroeër vandag daar opgemerk het. Toe ons by Laaiplek in Veldrif aankom was daar nog geen birders nie en het ons maar begin rondkyk, maar kon nie die voël opspoor nie. Gelukkig het Vernon daar aangekom en kon hy ons die "oranje bek sterretjie" met sy scope wys. Ek het 'n foto ook probeer kry toe ek lank genoeg daarna deur Vernon se scope gekyk het. Wel, noem my maar van looitjie getik om op so ver afstand 'n foto te probeer kry, maar as ek my kamera by my het, SAL ek maar altyd my bes doen om 'n foto te probeer kry , al is dit net as 'n nagedagte aan die dag se opwinding :-) Almal daar was baie verseker dat dit wel 'n Elegante Sterretjie was en nie 'n Kuifkopsterrejie nie. My kamera se view-finder is digitaal en ek skiet op sulke vêr afstande maar in die spreekwoordelike donker. Ek het deur my fotos gegaan en kon ten minste een foto kry waar die hitte golwe nie so erg was nie en waar mens taamlik goed die relatief klein "oranjebek" Sterrejie uitmaak, alhoewel die kleure maar redelik deur die afstand en hittegolwe "uitgewas" is op my foto. Ek en David is toe vol hoop weer terug huistoe en sal nou maar geduldig moet wag vir 'n uitslag oor wat besluit gaan word, saam met die res van die klomp birders wat vandag by Laaiplek was...