20 Maart 2010

 

 

Weskus Nationale Park tot by Jacobsbaai

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20000.JPG

 

Ek het vanoggend baie vroeg wakker geskrik en besluit om op te staan en solank my kamera se batterye te laai. Na 'n koppie koffie en 'n lekker vol bottel koffie in my sak was ek oppad. Die weer was mistig en koel. By die Weskus Nationale Park se eerste ingang aangekom was die hek nog gesluit en het ek maar aangegou ry na die mees noordelike ingang op die Langebaan kant om vroeg by die Seeberg hide te wees. Net na die Langebaan afdraai sien ek n taamlike groot roofvoël. Die Jakkalsvoël se bors was baie lig aan die bokant en daar was 'n skerp kontras tussen die ligte onder gedeelte van die voël en die baie donkerder bokant. Ongelukkig wou die Jakkalsvoël nie sit vir 'n foto nie en moes ek tevrede wees met my "safe-shot". By die Seeberg hide aangekom, was daar al reeds een of twee birders en na 'n rukkie het dit letterlik gegin gons van al die birders in en voor die hide. Na 'n ruk se gesit het ek weer 'n Terek ruiter gesien. Ek het besluit om maar aan te beweeg toe die water begin hoog raak en die Griete geen aanstaltes gemaak het om nader te beweeg nie. Oppad Velddrif toe sien ek twee jong Edelvalke in 'n veld langs die pad sit. Dit was vir my 'n eerste om twee van hulle so bymekaar te sien. By velddrif aangekom was die water nog hoog, maar ek gaan loer in elkgeval in by die hide. Daar was 'n klompie Grootflaminke 'n ent voor die hide en 'n Kemphaan of twee langs die hide, maar die lig was te swak vir fotos neem en ek het nie eens die moete gedoen om te probeer nie. Ek het toe 'n vinnige draai by Laaiplek gaan maak en deur die Sterretjies begin sif met my scope met die hoop om 'n kleiner sterretjie met 'n oranje snawel te sien, maar soos ek verwag was dit nie daar nie. Vanadaar af is ek Jacobsbaai toe. Ek wou bietjie tyd daar in die veld ook deurbring, want ek het nog nie voorheen enige tyd in die veld daar spandeer nie. Na se bietjie se rondry en 'n paar mislukte fotogeleenthede waar ek voëls met splitsekondes mis (baie frustrerende oggend) met die kamera is ek na die Sterretjie rusplek toe. Daar was hordes Gewone Sterretjies en ek het van die geleentheid gebruik gemaak om hulle net van nader af dop te hou, maar ook om uit te kyk vir enige iets buiten gewoonds. Ek het darem 'n paar Geelbeksterretjies gesien wat paar! Dit was ook interresant gewees om sommige van die Gewone Sterrejies in hulle broeidrag te sien. Ek moes begin heel laas weer aanstaltes maak om terug te keer huistoe, maar eers het ek weer 'n rukkie langs die pad gaan staan om 'n klompie kanaries en 'n klein swermie Kaapse Kappokvoëls dop te hou. Oppad huis toe naby Saldanha het ek weer 'n onvolwasse Rooiborsjakkalsvoël gesien, wat my vir 'n tweede keer op een dag totaal verwar het, maar nadat ek deur my fotos gekyk het en die fotos rond gestuur het, kon ek myself oortuig dat dit niks anders as 'n semivolwasse Rooiborsjakkalsvoël kan wees nie, alhoewel dit nie vir my enigsins aan 'n Rooiborsjakkalsvoël laat dink het, terwyl ek daarna gekyk het nie. Naby die Weskus Nationale Park het ek vir 'n laaste keer langs die pad gestop om 'n Steenbokkie af te neem. Daar was nou wel geen lifers vir die dag nie, maar ek het definitief geweldig baie geleer. Die hoogtepunt vir die dag was die paar jong Edelvalke, die Geelbekbou wat, ek dink nie meer so lank met ons gaan wees nie en ook om die hordes Gewone Sterrejies, wat so gesinkroniseerd opgevlieg en weer kom sit het dop te hou. Ek het my ook vandag verkyk aan die twee vreemde semivolwasse Rooiborsjakkalsvoëls vanoggend en weer laat vanmiddag, wat vir my 'n baie interessante begin en einde gemaak het aan 'n baie lekker dag se "birding".

 

 


http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20035.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20025.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20027.JPG

Geelkanarie mannetjie

Terekruiter

Drietoonstrandloper

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20019.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20036.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20021.JPG

Kroonkiewiet

Vlaktespekvreter

Europese Swael

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20002.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20001.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20003.JPG

Bokmakierie

Karoolewerik

Hoëveldse Skaapwagter

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20005.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20004.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20006.JPG

Kaapse Tiptol

Slangverklikker

Grysrugtinktinkie

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20023.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20022.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20024.JPG

Gewone Sterretjie (broeidrag)

Gewone Sterretjie (broeidrag)

Gewone Sterretjie (broeidrag)

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20029.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20017.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20010.JPG

GrootSterretjie

Geelbeksterretjies wat paar

Reuse Sterretjie - Semivolwasse

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20007.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20033.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20009.JPG

Rooiborsjakkalsvoël - onvolwasse

Rooiborsjakkalsvoël - Semivolwasse

Rooiborsjakkalsvoël - onvolwasse

 

 

 

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20032.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20034.JPG

http://dts.co.za/blogs/Blog-20100320/tn_Blog-20100320%20012.JPG

Geelbekwou

Edelvalk

Steenbok