2 Mei 2010    
Platteland aangrensend aan Durbanville  
   
 

Ek en Makayla is vanmiddag weer van Durbanville Klipheuwel se kant toe om te sien of daar enige iets interressants was om te sien. Ons het so paar plaaspaaie gery en vinnig gesien hoe letterlik duisende Kransduiwe oor die dorre lande gevlieg en gaan sit het om te eet. Daar was ook heelwat Edelvalke op die lande en ook 'n Vleivalk wat ek nie positief kon identifieer het nie. Daar was ook 'n klein swerm Witpelikane wat die laatmiddag lig te sien. Ons het vandag ook al drie tipes Lewerikke in die gebied gesien, naamlik Grysrug-, Dikbek- en Rooikop- Lewerik.Dit was ook lekker om weer 'n Namakwaduifie so laat in die seisoen hier te sien. Daar was 'n volwasse mannetjie asook 'n jong mannetjie. Dit was die eerste keer in 'n lang ruk dat ek weer 'n Dikbeklewerik gesien het. Ons het ook 'n lang ruk die klompie jong Edelvalke dopgehou wat baie parmantig was en selfs skoor gesoek het met 'n klompie Wilde Makoue op die grond deur baie naby aan hulle koppe geduik het. Makayla het die dag geniet en my middag gemaak met al haar sê-goed, onderandere toe ek vir haar sê dat sy meer links moet kyk want sy kyk na 'n klip en sy my antwoord my terug dat sy wel na 'n voël kyk, want 'n klip is groter :-)

   

Gewone Koester Rooivink Huismossie - mannetjie
     
Grysruglewerik Dikbeklewerik Rooikoplewerik
     
Hoëveldse Skaapwagter Kaapse Flap Edelvalk
     
Namakwaduifie mannetjie Fiskaal Laksman Witooievaar