22 Mei 2010    
Mauritzbaai  
   
Grysborssterretjie
 

Ek het vanoggend vir Melissa en Makayla saam gevat Mauritzbaai toe om te gaan Grysborssterretjies soek. Ursula is besig met 'n projek by die werk en kan nie die naweek saam gaan nie. Ons het eers oggendete gaan eet en is toe via Malmesbury na Vredenburg toe en van daar af Mauritzbaai toe. Ons het maar oral waar ons iets gesien beweeg het gestop. Ek het op 'n stadium 'n Jakkalsvoël op 'n paal gesien sit en toe dit vlieg kon ek amper geld daarop plaas dat dit 'n Bruinjakkalsvoël was en nie 'n onvolwasse Rooiborsjakkalsvoël nie. Die Jakkalsvoël het toe in die middel van 'n veld gaan sit. Volgens die fotos lyk ditna die donker vorm Bruinjakkalsvoël en ek wonder of dit dalk 'n Bruinjakkalsvoël is wat dalk hier oorwinter. Dis ook moontlik dat dit 'n onvolwasse Rooiborsjakkalsvoël kan wees, wat 'n groter waarskynlikheid sal wees vir dié tyd van die jaar. Ons het vanoggend heelwat Namakwaduifies op die R45 gesien. By Mauritzbaai aangekom het die meisies hulle self vermaak tussen die rotse van Mauritzbaai en dit het my 'n geleentheid gegee om 'n geringde Sterretjie van nader af te probeer afneem. Ons het toe 'n draai by Jakobsbaai gaan maak en is toe vandaar af terug huistoe om rugby te gaan kyk. Naby Saldanah het ons twee donker Springbokke tussen 'n klein troppie Springbokke gesien, wat vir my baie interessant was om te sien en ek sal graag meer inligting wil kry oor die donker springbokke. Ek het wel 'n paar jaar gelede sulke donker springbokke in die Tygerbergse dieretuin gesien, so ek weet dis nie heeltemal ongehoort nie. Die dag het heelwat klein interessanthede opgelewer wat die kinders die heel dag vermaak het.Ek geniet altyd die lang ritte en sal vinnig weer die Sterretjies rusplek wil besoek.

   

 
   
Grysborssterretjie
 

 
   
Grysborssterretjie
 

     
Rietrduiker Veereier Rooiborsjakkalsvoël
     

   
Hoëveldse Skaapwagter Namakwaduifie Rooivink
     

   

   
Witgatspreeu Bruinjakkalsvoël - donker-vorm/ Rooiborsjakkalsvoël Rooiborsjakkalsvoël
     
Hartlaubmeeu Swarttobie Kroonkiewiet
     
Bokmakierie Geelkanarie Witkeelkanarie
     
Witkruisvleivalk Springbok Springbok - donker vorm