23 Mei 2010    
Paarl Berg-Reservaat  
   
 

Ek en Melissa en Makayla het vanoggend na ons gesaamentlike sukses met die Reusereier na die Paarl Bergreservaat gegaan om te kyk of ons kon voortbou op ons geluk en dalk 'n Witvlerkkanarie ook kon kry. Ek het gehoop dat ons kanse beter sou wees veral na die verwoestende brand wat verlede jaar groot gedeeltes van die ouer proteas af gebrand het. Ons het eers ietsie geeët en toe 'n entjie gaan stap. Ek het vir hulle mooi verduidelik hoe 'n Witvlerkkanarie lyk en dat dit hou van proteasade, maar ek het regtig nie verwag dat ons een sou sien nie. Op 'n stadium het ons verby 'n groot proteabos gestap en Melissa en Makayla het eers gestop om die blomme af te neem, terwyl ek solank stadig aan gestap het, om hulle van 'n afstand af, af te neem. Melissa het vir my geskree "Ons het hom gekry!" Ek het gedink sy verwys na 'n protea of iets en het aangehou om hulle af te neem. Hulle het aangehou met fotos neem en toe het Melissa weer opgekyk na my toe om te kyk waar ek draai... Melissa het vir my weer gwel 'n Witvlerkkanarie gekry het, nadat Melissa tussen die Protea boom se blare deur vir my die Witvlerkkanare gewys het, wat minder as 2meter van hulle af rustig gesit het en protea sade vreet. Die Kanarie het hom nie aan hulle gesteur nie en net heen en weer op die groot droë blom rondgeskuif en seker op sy kamoeflering staatgemaak. Daar was taamlike helder lig agter die kanarie, wat dit taamlik moelik gemaak het om die voël mooi te neem, maar na 'n paar verstellings en 'n bietjie rondskuifel om die bos het ons al drie darem mooier fotos gekry as wat ek ooit kon verwag het. Hulle twee was natuurlik my heldinne en hulle was baie trots op hulleself. Ons is hierna terug na die Paarl Rioolplaas om te kyk of ons weer die Reusereier kon kry, maar kon dit nie weer opspoor nie en is toe terug huistoe.

   

Witvlerkkanarie Witvlerkkanarie Witvlerkkanarie
     
Witvlerkkanarie Witvlerkkanarie Witvlerkkanarie
     
Streepkopkanarie Streepkopkanarie Kaapse Glasogie
     
Jangroentjie mannetjie Oranjeborssuikerbekkie Jangroentjie wyfie
     
Makayla en Melissa Makayla en Melissa neem die Witvlerkkanarie af :-) Melissa lyk stomgeslaan dat ek nie belangstel in hulle groot ontdekking nie