|
Ek het vanoggend vir Melissa en Makayla saam met my Paarl toe geneem, terwyl Ursula die dag by die werk moes deurbring. Ek het gisteraand verneem van 'n Reusereier wat by die "Paar Bird Sanctuary" gesien is. Omdat ek nog nie die Reusereier by Rondevlei gesien nie was ek baie opgewonde oor die ontdekking. Ek het dit ook nog nodig gehad as 'n lifer. Ons het 10:15am daar aangekom en na omtrent 10 minute het ons die Reusereier, oop en bloot, op 'n afstand op 'n paal, in die middel van een van die panne gesien sit. Nadat ons 'n paar fotos gekry het, het ek eers bietjie rondgery en gekyk wat daar nog te siene was en toe teruggekeer na die Reusereier. Die Reuse Reier het gelyk asof dit regmaak om te vlieg en dit was ook toe so... Die reier het in die rigting van die hek gevlieg en ek het omgery na die pan agter die riete waar ons dit sien verdwyn het en toe vind ons dit weer langs die oewer van 'n ander pan besig om kos te soek. Ons het weer so paar fotos geneem en toe het ek eers oggendete gaan soek in die dorp. Na oggendete het ons die Paarl Bergreservaat besoek en toe weer teruggekeer na die Paarl Rioolplaas en 'n Gevlekte eend ook gesien. Die sonlig was idiaal vir mooi fotos neem en ons het die die weerkaatsing van die berge en die weerkaatsings van die voëls in die laatmiddagson probeer vasvang. Na 'n baie ontspanne paar uur is ons terug huistoe. Dit was 'n baie suksesvolle dag en die kinders het omtrent hulleself geniet met al die nuwe spesies.
| |
|