30 Mei 2010    
Kaap Columbine Natuurreservaat  
   
 

Ek het vanoggend 'n draai gaan maak by Kaap Columbine Natuurreservaat, naby Paternoster, om die Sterretjie-rusplek te besoek. Die doel was maar om te gaan kyk na Grysborssterretjies, maar ook om 'n Piet-tjou-tjougrysmees te soek, wat ek nou nog nie op my life-list het nie. Soos wat ek Vredenburg inry, sien ek 'n Kransvalk op 'n lamppaal sit asook 'n Kransvalk wat daar naby in die lug sweef. Ek het gestop en die mannetjie Kransvalk, wat in die lug was het langs die wyfie kom sit en toe het die twee Kransvalke gepaar! Dis nog 'n bietjie vroeg in die jaar vir die valke om te paar en 'n Kransvalk kenner het my meegedeel dat dit dalk net 'n hofmaak sessie was, maar indien hulle regtig gepaar het, sal dit definief 'n waardevolle rekord wees. Ek skat iemand sal moet rondkyk of enige Kransvalke in die gebied nes maak? Ek kon toe nie 'n Piet-tjou-tjougrysmees opspoor nie, maar daar was darem wel 'n handjievol Grysborssterrejies by Kaap Columbine Natuurreservaat. Die sonlig was 'n bietjie sleg vir fotos neem, maar ek het maar die beste van die saak gemaak en 'n paar fotos geneem van 'n groepie wat op die strand gesit het. Ek is hierna weer na Mauritzbaai toe, maar die sterrejies daar was vandag op die verkeerde kant van die baai vir fotos neem, met die middag sonnetjie reg agter die voëls en 'n ongewenste weerkaatsing van die son op die water. Dit het my kanse bietjie in die wiele gery om enigsens enige redelike fotos te neem, wat gebruik kon word om die subspesies positief uit te ken. Die twee Kransvalke, wat gepaar het, was vir my die hoogtepunt vir die dag. Ek het darem ook twee reptiele vir 'n verandering gesien, wat die dag 'n bietjie meer interessant gemaak het.

   

Kransvalk Kransvalk Kransvalk
     
Grysborssterretjie - Sterna vittata vittata Grysborssterretjie - Sterna vittata sanctipauli Geelbeksterretjie
     
Kleinrooibandsuikerbekkie Rooivlerkstreepkoppie Bokmakierie
     
Witborsduiker Hartlaubmeeu Grootsterretjie
     
Vaalstrandkiewiet Cape Skink Karoo Girdled Lizard