13 Junie 2010    
Hermanus - Onrus  
   
 

Ek, Ursula en die kinders het Saterdag agtermiddag deurgery Hermanus toe om die res van die naweek daar deur te bring. Sondagoggend het ek saam met ouboet, Johann, Vermont dam toe gegaan om te kyk of ons 'n Oopbekooievaar daar kon vind. Na 'n bietjie se rondryk sien Johann 'n Oopbekooievaar langs die water tussen die riete sit en na 'n paar vinnige fotos vlieg die Ooievaar onverwags op en vlieg weg in die rigting van die see. Ons het ook toe see se kant toe gery, maar kon nie weer die Oopbekooievaar opspoor nie. Ons het wel 'n interessante tydjie by die see gehad toe ons heelwal Malgasse, asook 'n paar Bruinroofmeeue gesien het. Omdat ek nog nie op 'n pelagiese trippie was nie, was die Bruinroofmeeue 'n lifer vir my. Ons het 'n Bruinroofmeeu op die oop see gesien dobber en probeer om 'n herkenbare foto te kry, maar dit was dalk 'n biejie te veel gevra. Ek het nogtans twee fotos van die Bruinroofmeeue by hierdie blog ingesluit om my te herinner aan my nuwe lifer vir die dag. Die Oopbekooievaar was 'n Weskaapse "tick" vir Johann en ek is baie bly vir hom dat hy dit darem ook nou gesien het.

   

Oopbekooievaar by Vermont Dam Bruinroofmeeu Bruinroofmeeu