|
Ek was vir die week in Uganda, Kampala vir werk.
Dit is 'n aangename land, van wat ek gesien het, maar daar was ongelukkig nie kans om plekke te besoek nie en omdat ek nie oor 'n naweek daar was nie en ook nie juis kans vir voëls kyk nie. Ek was darem een oggend gelukkig genoeg om 'n Ruppelse Spreeu in die parkeer area van die werk te hoor. Ek het eers gedink dit was 'n parakiet, omdat sy roep baie soos dié van 'n parakiet klink. In die stad was daar altyd Maraboes, wat konstant ook die stad gesweef het soos aasvoëls. Ek het ook het 'n Hamerkop langs een van die paaie gesien. Ek sal dalk weer in die toekoms die land besoek en dan hopelik kans kry om een van die nationale parke te besoek en meer voëls te sien.
| |
|