|
Ek het vanaand net voor sononder met Melissa en Makayla 'n vinnige draai gaan ry net om die laaste bietjie sonskyn van die dag saam met hulle te geniet.
Ons het eers gaan kyk of ons nie weer die Takbokke kon opspoor nie, maar toe ons hulle nie kon vind nie, die Kontermanskloofpad terug Durbanville toe gery.
Net na 6uur vlieg 'n Gevlekte Ooruil voor ons op en gaan sit dit op 'n telefoonpaal. Gelukkig was daar plek langs die skouer van die pad om af te trek en kon ons die Ooruil sit en dophou totdat dit uiteindelik afduik om 'n muis langs die pad te vang. Die kinders het die Gevlekte Ooruil baie geniet, maar ook om die laaste bietjie sonskyn van die dag saam met my by Kontermanskloof te "jaag", totdat ons op Kontermanskloof finaal die laaste bietjie sonlig sien verdwyn het. Dis altyd lekker om die stilte en kalmte van die natuur om jou te ervaar en te geniet, terwyl die son so sak. ...en dit alles net 15minute weg van die huis... Dit is sulke oomblikke wat die lewe 'n genot maak!
| |
|