|
Die Weskus Nationale Park is dié plek om te wees dié tyd van die jaar, wanneer die Weskus se blommeprag in volle swang is en dis ook hierom dat ek, Ursula en die kinders vandag Weskus Nationale Park toe is.
Die park gons die tyd van die jaar al klaar met voëltjies wat nesbou om klaar te wees teen die tyd dat al die ruspes oor 'n paar weke al die plante in die park bedek. Daar was reeds hier en daar Termiet uitbarstings vandag , wat 'n Kransvalk se aandag getrek het, sodat dit dan elke nou en dan afgeduik het grond toe om een te vang en dan sommer so in die vlug te vreet uit sy pote uit.
Daar is heelwat blommetjies wat reeds oop is en Ursula en die kinders het vinnig groot belangstelling begin toon in die blomme. Ons het toe middagete in Langebaan gaan eet en is toe kort hierna terug huistoe.
My groot hoogtepunt was om 'n handvol Kleinwindswaels te sien bokant Postberg. Dit is een dag later as wat ek hulle vir die eerste keer die seisoen verlede jaar gesien het op die 8ste Augustus in Paternoster.
| |
|