|
Ek is vir die week in Windhoek vir werksdoeleindes en omdat dit 'n naweek ingesluit het, het dit my die geleentheid gebied om weer die Daan Viljoen Nationale Park, net buite Windhoek, te besoek.
Ek het net na sonopkoms daar aangekom. Ongelukkig is die publieke fasiliteite in die park al nou reeds vir meer as
2jaar steeds nie vir publiek beskikbaar nie en die geboue wat besig om afgebreek te word lyk steeds in dieslefde toestand as toe ek dit 2jaar gelede gesien het.
Ek is dus nie seker of dit vir die volgende 2 jaar nog steeds nie beskikbaar sal wees vir die publiek nie.
Vir dié rede is dit absoluut noodsaaklik om genoeg kos en drinkgoed saam te neem na die park toe as jy van plan is om die park te besoek.
Ek het die meeste van my tyd vandag in die park gebruik om saadvreters af te neem soos wat hulle kom water drink het.
Ek het verder die normale klompie voëls gesien wat mens in die park kan verwag.
Ek het wel vandag 'n nuwe soogdier spesie gesien in die vorm van 'n Dassierot, wat sommer my hoogtepunt ook is vir die dag.
Ek het ook net buite die park 'n mannetjie en wyfie Dubbelbandsandpatrys gesien, wat mooi stil gestaan het vir 'n paar fotos.
Ek is so middagete se kant toe weer terug Windhoek toe.
| |
|