|
Ek is vanoggend weer Daan Viljoen Nationale Park met die hoop om vandag 'n bird-lifer by te kry.
Ek het my kamera se batterylaaier by die huis vergeet en moes vanoggend my laaste volgelaaide battery
in my kamera sit met die hoop dat die battery sou hou om enige nuwe spesies af te neem.
Ek het weer, soos gister, net na sonsopkoms by die park aangekom en weer die ompad grondpad gery.
Op die ompadgrondpad het ek vanoggend twee nuwe spesies gesien, naamlik 'n Swartkakelaar, asook 'n Baardspeg.
Ek het toe die motor parkeer en na die dam toe gestap. Dit is baie droog die tyd van die jaar in Namibia en die damme se vlakke het dit weerspieël.
Ek het toe een van die staproetes geneem, maar die staproete van verkeerde kant af begin en op die ou einde 'n hele klompie ure in die warm Namibia son spandeer om die lang 12-14km pad wat ek gestap het te voltooi.
Op my staproete het ek heelwat interresanthede teegekom, onderandere 'n prag Koedoebul wat dood langs die pad gelê het en vlakvarke wat besig was om aan die dier te vreet.
Ek het nog twee lifers bygekry ook op hierdie pad. My derde lifer vir die dag was ook my hoogtepunt toe 'n Swartaasvoël reg bokant my begin sirkel het.
My 4de lifer vir die dag was 'n Kalahariwipstert, maar ek kon ongelukkig nie 'n foto kry nie, omdat my kamera se battery reeds pap was.
Die Swartaasvoël was vir my die hoogtepunt vir die dag en die feit dat ek nie die Kalahariwipsterte kon afneem nie was vir my 'n bitter pil om te sluk.
Ek is darem baie dankbaar vir al die nuwe spesies wat ek vandag gesien het.
Hopelik sal ek volgende keer 'n foto kry van die Kalahariwipsterte.
Ek het my les geleer en sal nie sommer weer my batterylaaier by die huis vergeet nie.
| |
|